Update Video
CALITZDORP NUUS EN VIDEO - Vasberade ouers wat Maandag die hekke van Exelsior Primêr in Bergsig, Calitzdorp gesluit het, weier steeds dat enige leerkrag of leerder die skool binnegaan.
Volgens Colleen Murphy, sekretaresse van die beheerliggaam, het hulle tot hierdie drastiese stap oorgegaan om die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) te dwing om op hulle griewe te reageer.
Volgens haar is daar klasse wat 66 leerders het en in sommige gevalle moet drie of selfs vier leerders een bank deel.
Sedert die skool Maandag gesluit is, sê Murphy, het hulle nog niks van die WKOD gehoir nie.
'n Ouervergadering word vanaand gehou waarheen die streek se direkteur van onderwys genooi is.
"Hy moet vir ons oplossings bring," sê Murphy. In reaksie op n medianavraag het die WKOD gesê die situasie geniet aandag.
Kyk 'n video hieronder
'n Groep van die ouers voor die skool.
Lees 'n vorige artikel: Ontstoke ouers sluit skool
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'