Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Groep ontstoke ouers van Exelcior VGK Primêr het vandag die skool se hekke gesluit om onderwysers te verhoed om toegang tot die skool te kry.
Volgens een van die ouers waarmee die Oudtshoorn Courant gepraat het, het die graad 5-klas 66 kinders in een klas.
"Die kinders sit sommer 4 in 'n bank. Dis ongehoord. Die gesondheids- en higiëniese toestande wat met so 'n vol klas gepaard gaan is erg. Die kinders bly siek en onderwysers kan nie die aantal kinders hanteer nie. Die onderwysers kan ook nie die kinders wat met werk sukkel help nie want die klas is eenvoudig te groot."
Volgens die ouers is die onderwysdepartement al glo genader. Hulle wag nog op terugvoering van die departement.
Kyk 'n video hieronder:
Die ouers sit buite die skool.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'