Update
OUDTSHOORN NUUS - Die bekende Van Greunen-sakefamilie van Oudtshoorn verwerk nog die skok van die skielike dood van Lulu van Greunen.
André van Greunen, eienaar van Timbercity en verskeie ander ondernemings en eiendomme, en sy vrou Lulu het pas met hulle vakansie in Thailand begin toe sy oorlede is.
Die omstandighede rondom Lulu (63) se dood is nog nie bekend nie.
Volgens inligting wat wel beskikbaar is, blyk dit dat die egpaar eergisteraand na ete gaan slaap het.
André het glo later wakker geword en sy vrou dood op die vloer aangetref.
Die egpaar was 45 jaar getroud en het in 2016 tydens 'n seremonie in die Rembrandt-saal by die CP Nel-museum, hulle huweliksbeloftes hernu.
Behalwe vir haar betrokkenheid in André se ondernemings het Lulu ook haar eie sakebelange in die dorp behartig.
Hulle drie dogters, Donna-Lida van der Berg, Tessa Nortje en Petro Westraad kon nie gisteroggend deur die media bereik word nie, aangesien hulle reeds na Thailand onderweg was om hulle pa te ondersteun.
Lees 'n vorige artikel: Skok na skielike dood van sakevrou
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'