OUDTSHOORN NUUS - Die Van Greunen–familie, Oudthoorn se sakegemeenskap en inwoners, is geskok oor die skielike dood van Lulu van Greunen.
Sy en haar man, die bekende sakeman André van Greunen, was met vakansie in Thailand toe sy gister oorlede is.
Die oorsaak en omstandighede van haar dood is nie bekend nie.
Die egpaar se drie dogters, Donna-lida, Petro en Tessa vertrek vanoggend Thailand toe om hulle pa te ondersteun.
Behalwe vir haar betrokkenheid by haar man se besighede, het Lulu ook haar eie sakebelange in ondernemings op die dorp gehad.
‘n Personeellid van Timbercity, een van André se ondernemings, het vanoggend gesê hulle het op hierdie stadium geen verdere inligting nie.
Ons innige meegevoel met André en die hele familie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'