Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Polisie is tans op die toneel waar inwoners van Rose Valley oproerig geraak het oor die oorhandiging van die Fase drie huise wat gebou is.
Die inwoners het egter intussen al bedaar.
Volgens een van die inwoners is daar te veel onregmatighede wat met dieoorhandiging van die huise gepaart gaan.
"Hier is mense wat al van Fase een af wag en nog nooit 'n huis gekry het nie. Van die mense is bejaardes en persone met gestremdhede. Nou is daar sommer mense van George en die Kaap wat by ons moet huise kry."
Ander klagtes was die uitverhuring van nuwe huise, mense wat nuwe huise ontvang, maar reeds huise het en mense wat saam woon en elkeen apart 'n huis ontvang.
Die inowners het 'n komitee saamgestel wat huis vir huis saam met munisipale beamptes geloop het om te seker te maak dat slegs inwoners van Oudtshoorn en Rose Valley huise kry.
Volgens een van die lede, San Meyer, sal hulle seker maak dat die mense wat volgende moet huise kry wél die huise kry wat hulle moet.
Polisie is tans op die toneel.
Lees 'n vorige artikel: Oproerigheid in Rose Valley
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'