CALITZDORP NUUS - Diefstal van die rioolwerke se toerusting is tans 'n groot probleem.
Die munisipaliteit kan nie hiervoor blameer word nie, want vandale besteel die rioolwerke en rioolpompe en koperkragdrade word gesteel vir skrootmetaal.
Volgens een van die inwoners, Hannes April, loop die rou riool in die woonbuurt in.
"Dit maak mens naar en kinders kom speel soms in die rioolwater. So kan dit nie aangaan nie."
Inwoners wat gehoor het van die diefstal het onderneem om die skuldiges aan die pen te laat ry.
"Ons kan mos nie skade ly as gevolg van diewe nie. Dis ook dwelmverslaafdes wat die rioolwerke so besteel. Ons kan nie altyd die munisipaliteit die skuld gee nie."
Die Kannaland-munisipaliteit het in 'n verklaring gesê dat skuldiges geen respek vir munisipale infrastruktuur het nie.
"Koperkabels van duisende rande word gesteel. As daar nie dringende ingryping plaasvind nie, kan ons groot rioolprobleme in die gesig staar. Ons doen 'n beroep op die gemeenskap om nie goedere te steel nie. Die publiek word versoek om dringend die polisie in kennis te stel indien hulle van sulke voorvalle weet."
Lees vorige artikel: Rioolwerke word gesteel
Riool wat in woonbuurte in Calitzdorp inloop. Foto: Deon Meyer
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'