CALITZDORP NUUS - Diefstal van die rioolwerke se toerusting is tans 'n groot probleem.
Die munisipaliteit kan nie hiervoor blameer word nie, want vandale besteel die rioolwerke en rioolpompe en koperkragdrade word gesteel vir skrootmetaal.
Volgens een van die inwoners, Hannes April, loop die rou riool in die woonbuurt in.
"Dit maak mens naar en kinders kom speel soms in die rioolwater. So kan dit nie aangaan nie.”
Inwoners wat gehoor het van die diefstal het onderneem om die skuldiges aan die pen te laat ry.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'