OUDTSHOORN NUUS - Die kategoriewenners van Oudtshoorn se elfde Relay for Life is Vrydag deur Riana Lindeque, voorsitter van die Relay for Life-komitee, asook Kansa personeel vereer vir hul deelname.
Lindeque het hulle bedank en geprys vir wat hulle beteken vir Kansa.
Die wenners van die tema rondtes is:
- Wêreldsport - Nag Uile
- Cross dressing - Golden Oldies
- Klaas Vaakie - Happy Feet
- Onder die see - Golden Oldies
- Agteruit in pers - Pink Ribbon Racers
- Kaktus op die vlaktes - Purple Jan Turtles
- Herwinning - Pikkie Pikkies
Wisseltrofeë
- Beste spangees - Golden Oldies
- Meeste geld ingesamel - We Care
- Beste tema - Pikkie Pikkies
By die prysoorhandiging van die Relay for Life se wenspanne.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'