Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Oudtshoorniete van elke uithoek van die dorp maak vandag (Vrydag, 11 Augustus) hul misnoë met hoë munisipale tariewe bekend.
Dié vreedsame aksie, soos organiseerder Arno Greyling dit beskryf, behels dat elkeen wat hul ongelukkigheid oor hierdie "buitensporige hoë" tariewe wil te kenne maak 'n toegebinde swartsak vol vullis op die oop stuk grond oorkant die Oudtshoorn-munisipaliteit kom plaas.
Daar sal volgens Greyling geen toesprake of optogte te paard met die aksie gaan nie.
Tot dus ver is daar meer as 300 swartsakke bymekaar gemaak.
Die Oudtshoorn Courant sal die munisipaliteit se kommentaar oor die aksie publiseer sodra moontlik.
VIDEO: Stefan Goosen
Foto's: Stefan Goosen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’