Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Ses trompoppiespanne van Oudtshoorn het onder die top-10 gedurende die afgelope SA Majorette and Cheerleading Association (Samca) kampioenskap in Oudtshoorn geëindig.
Johnny Bisschoff, Eden se Samca-president het Vrydagaand die week se kampioenskap as 'n groot sukses beskryf. Samca se nasionale president, Wayne Oberem, het ook met groot lof van die kampioenskap gepraat. "Dit was die tweede keer in 10 jaar wat die kampioenskap op Oudtshoorn aangebied is.
"Ons gaan nie weer 10 jaar wag voor ons (Samca) na Oudtshoorn sal terugkeer om hierdie unieke kampioenskap hier aan te bied nie.
Oberem en Samca se bestuur het Bisschoff as die 36ste Samca-bestuurslid aangewys wat in die organisasie se 42 jaar se bestaan die Hall of Fame-toekenning ontvang. Bisschoff is vereer vir sy toewyding aan die sport. Oberem het hom geloof vir sy afrigting, projekte wat hy met sukses aanpak om geld in te samel vir die sport en alles wat hy agter die skerms vermag.
In die A-liga (Elite Hoërskole) het Hoërskool Oudtshoorn die algehele 10de plek ingeneem. Sacred Heart Primêr was negende in die Elite Primêre afdeling, terwyl Laerskool Van Reede die sewende plek gewen het.Hoërskool Oudtshoorn se trompoppies het in die Elite Hoërskole-kategorie 'n 10de plek behaal. Foto's: Christo Vermaak
Dit was egter Bridgton Senior Sekondêr wat in die B-liga (Presidentsliga) as algehele wenners aangewys is. Hulle het ook die Non-Prop-Flag Group, Baton Throw en Large Drill gewen. In die Throwing Prop was hulle tweede.
In dié liga het Môrester Sekondêr die derde plek en De Rust Sekondêr die vyfde plek gewen.
Kyk 'n video hieronder:
Johnny Bisschoff
Lees 'n vorige artikel: Skouspel van trompoppies in Oudtshoorn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'