Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Katte is net so spesiaal soos honde, en verdien ook om 'n liefdevolle, warm huis te vind.
Dit is waarom Lee-Ann van Sitter en Elmarie Leach-Swiegers, van Oudtshoorn Volunteers for Animals, hul lewe daaraan wy om die "weggooi katte" van Oudtshoorn te red en vir hulle die beste huise moontlik te kry.
Dié twee vrouens is reeds bekende gesigte in Oudtshoorn en word geken aan hul liefde vir katte.
Lee-Ann het ongeveer twee jaar terug die Kat Hotel van haar huis af begin waar sy katte versorg, soms verpleeg en ook seker maak dat hulle deur die regte eienaars aangeneem word.
Elmarie bestuur die 'Kitty Creché'.
Dié liefdadigheidswerk kom egter met 'n paar struikelblokke waarvan finansies seker die grootste is. Tussen Lee-Ann en Elmarie is daar 12 katte met katte wat versorg moet word.
"Elke hok beskik ook sy eie sandbak en kos- en waterbak en dan het ons ook verskeie medikasies byderhand vir ingeval ons 'n siek baba kry."
Elmarie sê hulle wil graag individue en besighede aanmoedig om 'n hok aan te neem waarvoor hulle vir 'n jaar verantwoordelik sal wees.
Individue en besighede is aanmoedig om 'n hok aan te neem.
"Die instansie of individu is slegs verantwoordelik vir die hok omdat die katte hokke wissel. Ons vra dus dat cat litter geskenk word. Dit is skoner as om sand te gebruik.
"En dan ook Pamper se babakatjie blikkies- en sakkieskos. Ons kan nie die soorte katkos meng nie, want dit hou gesondheidsrisiko's vir die katte in," verduidelik sy.
Volgens haar vra hulle ook nie vir geldelike donasies nie, maar eerder skenkings.
"Individue of instansies is meer as welkom om na die hokke te kom. Hulle name sal op die hokke gesit word sodat hulle weet watter hok hulle s'n is."
Enigiemand wat meer inligting wil hê kan Elmarie by 082 498 0177 skakel of 'n e-pos stuur aan easwiegers@vodamail.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'