OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-besigheidskamer in samewerking met Agri Klein Karoo en Oudtshoorn en De Rust-toerismeburo was Donderdagaand se gasheer by dié maandelikse netwerkaand.
Die funksie is by Surval Boutique-olyflandgoed net buite Oudtshoorn aangebied en deur talle sakelui bygewoon.
Tydens die netwerkaand het Hannes Visser (Turksvy Publikasies),Tammy Moult (yoorsitter Oudtshoorn en De Rust-toerismeburo), Abri Ferreira (voorsitter van die Oudtshoorn-besigheidskamer) en Laubscher Coetzee (Voorsitter van Agri Klein Karoo) na die verhoog genooi om hulle rol in die besigheidsgemeenskap van Oudtshoorn te bespreek.
Vier besighede het ook tydens die netwerkaand hulle sertifikate as nuwe lede van die Oudtshoorn-besigheidskamer ontvang:
- Giovanni Bouwer – Karoo Tuin Kwekery.
- Kotie Thirion – Mega Auto Service.
- Hannes Visser – Turksvy Publikasies (Pty) Ltd.
- Adri en Pieter du Plooy – Piet’s Crazy Pets.
Van links (besigheidskamer): Hannes Visser, Laubscher Coetzee, Abri Ferreira en Tammy Moult. Foto’s: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'