Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Herwinningsvoertuig van 'n insleepdiens het vanoggend omstreeks 04:00 daarin geslaag om die kop van die vragmotor wat gisteraand omstreeks 21:00 omgeslaan het, te laat sak.
Vorige artikel: Vragmotor slaan om in Voortrekkerweg
Die kop van die vragmotor het in die lug gehang en is vir veiligheid laat sak sodat die bestuurder sy persoonlike besittings kon uithaal.
Daar gaan vanoggend begin word om die vrag konfyt af te laai voordat die herwinningsproses begin word.
Die vragmotor was van Swaziland na Kaapstad onderweg toe die botsing in Voortrekkerweg plaasgevind het.
Daar word vermoed dat 'n onderdeel gebreek het, wat veroorsaak het dat die bestuurder nie die vragmotor kon beheer nie.
Volgens inligting op die toneel het die vragmotor gelukkig stadig gery toe die ongeluk plaasgevind het.
Kyk 'n video hieronder.
Die vragmotor was van Swaziland na Kaapstad onderweg.
Die vragmotor het konfyt vervoer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'