OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die pad tussen De Rust en Oudtshoorn is steeds gesluit weens protesaksie.
Motoriste word aangeraai om steeds die Stolsvlakte ompad na De Rust te gebruik aangesien die pad by Rose Valley steeds toe is.
Ry vanaf Oudtshoorn in die rigting van George. Draai direk na die treinbrug links by die stasie verby. Neem daarna die eerste grondpad wat links uitdraai en volg hom totdat hy enkele kilometer verder by die De Rustpad aansluit.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Pad gesluit weens protesaksie
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'