OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die pad tussen De Rust en Oudtshoorn, by Rose Valley, is gesluit weens protesaksie.
Inwoners is ontsteld omdat hulle nie kontrakwerk by die padwerke kry nie.
Die betogers het gevra dat die hoofpadingenieur met hulle kom praat. Hulle wag tans op hom.
Motoriste word dringend gevra om versigtig te ry met die ompad oor Stolsvlakte aangesien daar baie stof op die grondpad is.
Kyk 2 video's hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'