Update
OUDTSHOORN NUUS - Dit blyk dat inligting wat vanoggend gegee is oor ‘n raadsvergadering wat vir môre beplan was, nie korrek was nie.
Die groep betogers wat vanoggend langs die N12 betoog het oor behuising, is ingelig dat hulle kwessie op ‘n raadsvergadering bespreek sou word.
Die groep, sowel as die munisipale woordvoerder, het egter intussen bevestig dat daar geen vergadering sal wees nie.
Daar is skynbaar ‘n gesprek tussen amptenare oor die kwessie, maar die groep betogers is nie by die gesprek betrokke nie.
Hulle dreig nou om die pad weer te sluit aangesien die munisipaliteit nie op hulle versoeke reageer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'