OUDTSHOORN NUUS - Die polisie en verkeersbeamptes kon nie gisteraand 'n alkoholtoets op die bestuurder van 'n botsingsvoertuig doen nie omdat daar nie getuies was wat hom agter die stuurwiel gesien het nie.
Die man was vanaf George na Oudtshoorn onderweg toe hy teen die agterwiele van 'n aankomende vragmotor vasgery het.
Die man was onvas op sy voete, het met omstanders gestry dat hy nie in die rigting van Oudtshoorn gery het nie. Dit was duidelik dat hy besope was.
Toe die vragmotorbestuurder by die bakkie kom was die man egter buite die bakkie. Alhoewel hy aanvanklik gesê het hy was n passasier het hy later teenoor verskeie mense gesê hy was alleen in die bakkie.
Op n video wat geneem is verduidelik hy dat hy "george toe op pad was"
Dit blyk dat die voertuig 'n werksvoertuig is. Die man het gesê sy vennoot kom hom haal, maar tussenin het hy aangedring dat iemand vir hom 'n taxi moet bel aangesien hy moeg gewag is.
'n Persoon uit George het hom later by die toneel kom haal.
Lees 'n vorige artikel: Bakkie ry in vragmotor vas
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'