OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn Courant is op die toneel van 'n botsing waar 'n bakkie in die kant van 'n aankomende trok vasgery het.
Die drywer van die bakkIe weet klaarblyklik nie waarheen hy onderweg was nie.
Hy het in die rigting van Oudtshoorn gery, maar is skynbaar onder die indruk dat hy na George onderweg is.
Sover vasgestel kan word was hy alleen in die bakkie.
Volgens die trokdrywer het die bakkie na regs geswenk toe die voertuie langs mekaar was en die trok se agterwiele getref.
Die bakkie het in die kant van 'n aankomende trok vasgery.
Niemand is in die botsing beseer nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
ARTIKEL & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'