Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Munisipale beamptes is steeds besig met opruimingswerk op die toneel in Langenhovenweg waar 'n botsing tussen 'n vragmotor met 'n vrag bier en 'n bakkie vroeër vandag plaasgevind het.
Met die Oudtshoorn Courant se laaste besoek aan die toneel het lede van die polisie ses kaste bier uit 'n nabygeleë huis verwyder. Dit is onduidelik waarom die bier in die huis was.
Kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het gesê 'n klag van roekelose en nalatige bestuur en 'n klag van openbare geweld word ondersoek. Niemand is egter in hegtenis geneem nie.
"Die maatskappy aan wie die drank behoort sal besluit of daar enige verdere klagtes gelê gaan word."
Kyk 'n video hieronder.
Polisie op die toneel met kaste bier wat uit die huis verwyder is.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'