Update
OUDTSHOORN NUUS - Een persoon het moontlik harsingskudding opgedoen na 'n ongeluk Maandagaand by die kruising van Langenhovenweg en Bloemstraat.
Hierdie is een van die kruisings wat groot kommer onder inwoners wek oor die aantal ongelukke wat daar plaasvind.
Die bestuurder van 'n wit Opel het op die toneel aan die Oudtshoorn Courant vertel hy het vanuit George se rigting in Langenhovenweg gery toe die ander voertuig, 'n blou Datsun, glo oor die stopstraat van Bloemstraat voor hom inry.
"Ek het rem getrap om betyds te probeer stop, maar ek het die kar op sy regter agterkant getref.
"My kar het getol en die kar het heeltemal omgedraai."
Die bestuurder van die Opel het geen beserings opgedoen nie.
Lees 'n vorige artikel hier: Ongeluk by kruising
Die bestuurder van die Datsun het glo oor die stopstraat in Bloemstraat gery. Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'