Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Een persoon het moontlik harsingskudding opgedoen na 'n ongeluk vroeër vanaand op die kruising van Langenhovenweg en Bloemstraat.
Volgens die bestuurder van 'n wit Opel het hy vanuit George se rigting in Langenhovenweg gery toe die ander voertuig, 'n blou Datsun, oor die stopstraat van Bloemstraat voor hom inry.
Die bestuurder van die Opel het geen beserings opgedoen nie.
Beide motors is in die ongeluk beskadig.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die Datsun wat in die ongeluk betrokke was.
Op die ongelukstoneel.
Die Opel wat in die ongeluk betrokke was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'