OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-landdroshof het die dorp se voormalige onderburgemeester, Mlandeli Abednico Nyuka, tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die seksuele aanranding van 'n werknemer.
Volgens Eric Ntabazalila, die nasionale vervolgingsgesag se streekkommunikasiebestuurder, is dit Nyuka se tweede skuldigbevinding en vonnis vir seksuele aanranding met dieselfde modus operandi.
Landdros Sylvia Mandla het bevind Nyuka was nie 'n goeie getuie nie, en dat hy sy getuienis versin het. Sy het bevind dat hy sy senioriteit misbruik het om seksuele gunste te bekom en hom skuldig bevind op aanklag van seksuele aanranding.
Lees die volle berig in die week se Oudtshoorn Courant.
Vorige artikels:
- Uitspraak Woensdag in saak teen Nuyka
- Raadslid Nyuka word borgtog geweier
- Onderburgemeester Nyuka steeds in aanhouding
- Burgemeester besorg oor ‘kwelpunte’ in voorbladberig
- Onderburgemeester Nyuka in tronk
- Burgemeester bewus van klagtes teen onderburgemeester Nyuka
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’