OUDTSHOORN NUUS - Die bekende Bokomo-gebou by die ingang van Oudtshoorn vanaf George se kant word tans in 'n nuwe toeristebestemming omskep.
Klein Karoo Edms Bpk, eienaars van die eiendom waarop die Bokomo-struktuur met sy kenmerkende silo's staan, is besig om die struktuur te omskep.
Die ruimte van 1 800 vk m, sal ‘n ruim nuwe winkel vir leerprodukte, wat tans in die boetiek by Klein Karoo se hoofkantoor in Koöperasiestraat gehuisves word, insluit.
Die leerverwerkingsfabriek, wat tans ook by die hoofkantoor geleë is, sal ook op die nuwe perseel gehuisves word. Die nuwe winkelruimte, sal naas uitstalrakke ook ‘n deli, wat Klein Karoo se volstruisvleisprodukte verkoop, insluit.
Die ruimte sal ook ‘n koffiewinkel en restaurant-area onder privaat bestuur, drie handwerkstalletjies op die bestaande stoep, kantore en voldoende kleedkamergeriewe vir besoekers insluit.
Bestaande besighede, insluitend Spiral Horn-taksidermie, Deltamune se dierkundige laboratoriums, en die Suid-Afrikaanse Volstruis Besigheidkamer (SAVBK), bly op die perseel.
Bouwerk aan die struktuur het ‘n week gelede begin en behoort teen die einde van Oktober afgehandel te wees.
Die reuseruimte word in 'n ruim uitstalruimte vir Volstruisleerprodukte omskep.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'