Update
OUDTSHOORN NUUS - Die drie persone wat op 1 Augustus by Ostrich Emporium op kamera vasgevang is terwyl hulle handsakke steel het kort daarna op nog 'n geskenkwinkel toegeslaan.
Die drie het by Mooiplaas gastehuis naby Volmoed 'n handsak van R9 000 en moontlik ook ander items gesteel.
Hulle is daar ook op kringrelevisie vasgevang.
Terwyl die man die winkelassistent besig hou, hou een vrou wag terwyl die ander een 'n duur handsak in 'n groot sak inprop.
Die polisie ondersoek albei voorvalle.
Hier druk sy dit in 'n groot inkopiesak.
Die dame met die handsak.
Die vrou kyk rond voor sy die handsak steel.
En daar loop sy weg.
Lees 'n verwante artikel hier: Gesteelde handsakke gesoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'