OUDTSHOORN NUUS - Die polisie vra die hulp van die publiek om inligting te bekom oor ‘n diefstal van duur handsakke by Kango Volstruisplaas tussen 12 en 13 Julie.
Inbrekers het die agterdeur van die onderneming se curio-winkel oopgedwing en 30 volstruisleerhandsakke gesteel.
Die waarde van die handsakke is R176 000.
Persone met inligting word gevra om ao Von Molendorf by 082 469 8224 te kontak.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Van die gesteelde handsakke.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'