OUDTSHOORN NUUS - Die polisie en forensiese personeel was vroeër vandag op die toneel agter 'n winkel in Dassieweg waar 'n liggaam vanoggend ontdek is.
Geen amptelike inligting is nog bekend nie.
Dit is dieselfde besigheid waar 'n liggaam 'n aantal maande gelede ook gevind is. Gerugte dat daardie dood met 'n aanval deur honde verbind kon word is nooit bevestig nie.
Daar is 'n hoë muur aan die agterkant van die perseel aangebring na die vorige voorval.
Maar, terwyl daardie liggaam buite die perseel gevind was, is vanoggend se ontdekking binne die besigheid se erf gemaak. Een van die buitelanders wat by die perseel was wou nie kommentaar lewer nie en het net gesê een van sy vennote het vanoggend die liggaam ontdek en die polisie geskakel.
Foto's: Hannes Visser
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'