Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Paartjie van Upington is gelukkig om ongedeerd uit hul Ford Kuga te klim nadat hulle vanoggend 'n koedoe op die Mosselbaaipad getref het.
Ben en Elsabe Kampfer was na hulle vakansie in Hartenbos terug na Upington onderweg toe die botsing omstreeks 06:30 plaasgevind het.
Hulle was sowat 10km buite Oudtshoorn vanaf Mosselbaai onderweg toe die koedoe voor hulle ingespring het.
Dit is die tweede botsing met 'n koedoe binne twee dae.
Sien 'n video hieronder.
Hulle was sowat 10km buite Oudtshoorn vanaf Mosselbaai onderweg toe die koedoe voor hulle ingespring het.
Lees 'n vorige artikel: Bakkie tref koedoe
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'