Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Nissan-bakkie het 'n handbesering opgedoen toe die voertuig vanoggend omstreeks 07:00 'n jong koedoe op die Calitzdorppad getref het.
Volgens die passasier in die bakkie, het twee jong koedoes reg voor die bakkie oor die pad gehardloop.
Die bestuurder het gerem en uitgeswaai, maar die een koedoe getref.
Die twee mans was van Ladismith na Oudtshoorn onderweg om 'n student te ontmoet wat per bus vanaf Potchefstroom gekom het.
Die botsing het ongeveer 35km buite Oudtshoorn gebeur.
Kyk 'n video hieronder.
Die bestuurder het een koedoe getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'