OUDTSHOORN NUUS - Die eerste Oudtshoorn-rolbalsakeliga van die jaar het vanaf 8 Februarie tot 22 Maart plaasgevind.
Spelers het elke Woensdag, oor 'n tydperk van ses weke bymekaargekom om aan die Nashua-besigheidsliga deel te neem.
Dié besigheidsliga is goed deur plaaslike besighede ondersteun en 48 spanne het ingeskryf om hul vaardighede teen mekaar te meet.
Die Oudtshoorn-rolbalklub bied drie besigheidsliga's deur die jaar aan. Hierdie was die eerste een vir die jaar, waarvan Nashua die hoofborg was. Die topdrie spanne het elkeen 'n kontantprys gewen, al die ander spanne het ewekansige pryse gewen.
Wenners van die Nashua-besigheidsliga:
- Du Plessis Volkswagen 12 - 41
- Blacklist Security 10 - 71
- PSP Timbers 10 - 28
Die volgende besigheidsliga word deur Van der Berg Vervoer aangebied en sal van 3 Mei tot 7 Junie plaasvind.
Besighede in die Oudtshoorn-omgewing kan vir Gerhardus Delport (Oudtshoorn-rolbalklubtesourier) by 064 493 7183 kontak indien hulle wil inskryf.
PSP-timbers se span het derde in die sakeliga geïndig. Van links is Rudi Venter (Oudtshoorn-rolbalklub president), Ettienne Janse van Rensburg, Bles Goussard, Arno Van Wyk, Andre Taljaard en Morné Westenborg (Nashua-verteenwoordiger).
Blacklist Security se span het tweede gekom, van links is Rudi Venter (Oudtshoorn-rolbalklub president), Adriaan Coetzee, Charl du Plessis, Harry Coetzee, Helmien Coetzee, Rikus Van Der Bergh (Nashua-verteenwoordiger). Foto's: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’