OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se munisipale voertuigbestuurders sal voortaan fyn moet trap of die gevolge dra indien die voertuie nie vir die regte doeleindes gebruik word nie.
Die waarskuwing kom van die munisipale bestuurder, Allen Paulse.
Paulse het tydens verlede week se raadsvergadering gesê mense sal verbaas wees oor waar munisipale voertuie gedurende werksure geparkeer staan en dat die trane nog gaan rol.
Volgens hom staar oortreders tugstappe in die gesig.
Die munisipaliteit maak sedert verlede jaar gebruik van 'n vloot moniteringstelsel wat onder meer aantoon watter voertuie die meeste na-ure gebruik word, watter voertuie die snelheidsgrens oorskry, watter voertuie die langste luier, asook watter voertuie by privaat wonings geparkeer staan.
Volgens Paulse oorweeg die munisipaliteit dit om die stelsel uit te brei en voertuie 24 uur per dag te monitor.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'