OUDTSHOORN NUUS - Verlof om teen sy skuldigbevinding te appelleer is Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof aan ‘n assistent superintendent van die Oudtshoorn-munisipaliteit, Frikkie van Staden (55), toegestaan.
Van Staden is skuldig bevind aan twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog.
Van Staden is sewe jaar tronkstraf opgelê op die aanklag van korrupsie waarvan drie jaar opgeskort is. Voorts is hy tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis vir die oortreding van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad wat samelopend met die eerste vonnis uitgedien kan word, en vyf jaar vir bedrog wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Borgtog van R3 000 is aan hom toegestaan hangende die uitslag van sy appel.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn.
Vorige artikels:
- Fraud: Municipal official found guilty
- Voormalige amptenaar skuldig aan korrupsie en bedrog
- Verhoor van amptenaar uitgestel tot 2019
- Valke gryp senior munisipale amptenaar
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'