Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Brandweerman van Oudtshoorn en 'n familielid is ongedeerd nadat die Opel waarin hulle gery het aan die brand geslaan het.
Die voorval het net buite Oudtshoorn, op die George-pad, plaasgevind.
Mark Claasen het kopgehou, die motor tot stilstand gebring en nie die enjinkap oopgemaak nie.
Brandbestryders was baie gou op die toneel en kon die vuur blus voordat dit versprei.
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO & FOTO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'