Sponsored Content Video
SAKENUUS EN VIDEO - Wat 'n ongelooflike voorreg en eer om aangewys te word as Beste Meubelwinkel in die 2025 Best of Oudtshoorn Readers’ Choice Awards! Ons harte is oorvol van dankbaarheid, en ons wil net een ding sê: BAIE DANKIE, Oudtshoorn!
Toe ons in November 2024 ons winkel by 68 High Street oopgemaak het, het ons geweet ons gaan alles gee om 'n regte verskil in dié dorp te maak. Maar wat ons gekry het, was veel meer: warmte, ondersteuning en 'n gemeenskap wat ons met ope arms verwelkom het.
Om hierdie toekenning te wen beteken vir ons soveel meer as net ’n prys. Dis ’n bevestiging dat ons winkel, ons mense, en ons manier van besigheid doen regtig aanklank gevind het in Oudtshoorn.
Talita en haar span in die winkel wil vir elke kliënt wat by ons gekoop het, gestem het of net vir 'n vinnige kuier ingeloer het, uit die diepte van hul harte dankie sê. Julle maak elke dag spesiaal. Julle wys vir ons dat diens met 'n glimlag, eerlike pryse en opregte ondersteuning steeds tel — en dat dit waarde het.
Ons is trots om produkte aan te bied vir elke Oudtshoornse huis — van ’n komputer tot ’n kooi, en alles tussenin! Of jy nou op soek is na 'n nuwe bed, 'n yskas, 'n stel stoele of 'n slimfoon, ons het dit. En ons is altyd op soek na die beste waarde — prakties én stylvol.
Verskafde fotos - Van ’n komputer tot ’n kooi, en alles tussenin:
Wat ons regtig laat uitstaan, is ons kredietaanbieding. Ons glo elke huis verdien ’n gemaklike, mooi leefruimte, en daarom bied ons eenvoudige, toeganklike finansiering aan — sonder hope papierwerk of lang wagtye. Dit maak dit vir meer mense moontlik om hul droomhuis werklikheid te maak.
En as jy nog nie van ons lojaliteitsprogram gehoor het nie, luister hier: jy verdien punte elke keer wat jy koop, én nog ekstra punte as jy betyds betaal. Jy kry 2% terug op aankope, en 5% as jy ‘n familielid of vriend verwys wat ook kom koop. Jou punte kan gebruik word om jou rekening af te betaal, aankope te doen, of selfs vir lugtyd en elektrisiteit. Dis ons manier om iets terug te gee — want ons waardeer elke klant.
Ons sê ook graag: as jy nog nie by Full House Oudtshoorn was nie — kom loer gerus in! Ons nooi almal van die dorp en omliggende areas uit om self te kom sien hoekom ons hierdie fantastiese toekenning gewen het. Ons winkel is vir julle — en ons span is altyd gereed om te help met raad, diens en ‘n glimlag.
Hierdie wen is nie net ons s’n nie — dis ons hele gemeenskap s’n. Dit wys dat as ’n span hard werk, omgee en in hul mense glo, groot dinge moontlik is. Van Talita en haar ongelooflike span, tot elke kliënt wat ons ondersteun het: hierdie trofee behoort aan julle.
Hierdie wen is nie net ons s’n nie — dis ons hele gemeenskap s’n.
Dankie, Oudtshoorn, vir julle stemme, julle ondersteuning, en vir die voorreg om deel van julle dorpslewe te mag wees. Ons is hier om te bly — en ons sien uit daarna om nog baie jare saam met julle te groei, te bou en bakgat diens te lewer.
Kom kuier by ons. Kom kyk hoekom Oudtshoorn gesê het: “Full House is die beste!”
VIDEO - Full House Furniture Oudtshoorn wins best furniture store!
As jy nog nie by Full House Oudtshoorn was nie — kom loer gerus in!
Dankie, Oudtshoorn, vir julle stemme, julle ondersteuning, en vir die voorreg om deel van julle dorpslewe te mag wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’