Update
OUDTSHOORN NUUS - Twee insittendes van 'n Chevrolet Spark het ernstige beserings opgedoen nadat hul motor Maandagmiddag deur 'n muur in Parkweg oorkant die Infanterieskool gebars het.
Sover vasgestel kon word het die Chevrolet na in die linkerkantse baan gery en voor 'n Ford Ranger-bakkie ingedraai wat in die regterkantse baan gery het.
Die Ford het die Chevrolet aan sy regterkant getref en met die impak van die botsing het die Chevrolet se bestuurder beheer oor die motor verloor en deur 'n woning se heining gebars.
Mediese nooddienste en die plaaslike polisie was binne enkele minute op die toneel. Die insittendes van die Ford bakkie is lig beseer.
Lees 'n vorige artikel: Chevrolet bars deur muur
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'