Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee insittendes van 'n Chevrolet Spark het ernstige beserings op gedoen nadat hul motor omstreeks 13:00 vanmiddag deur 'n muur in Parkweg oorkant die Infanterieskool gebars het.
Sover vasgestel kon word het die Chevrolet, wat in die linkerkanste baan gery het , voor 'n Ford Ranger bakkie ingedraai wat ten tye van die ongeluk in die regterkantse baan gery het.
Die insittendes van die Ford Ranger het gekla van 'n hand-en kopbesering.
Kyk 'n video hieronder:
Die Ford Ranger bakkie.
Die Chevrolet Spark het in die muur tot stilstand gekom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'