Update Video
LADISMITH NUUS EN VIDEO - Arrie May, die man wat daarvan aangekla is dat hy die Kannaland-speaker, Aletta Theron, gedurende 'n raadsvergadering in November 2017 met 'n beker water gegooi het en haar verbaal aangeval het, is Woensdag 4 Julie in die Ladismith-landdroshof op twee aanklagte van aanranding skuldig bevind.
May is ook op 'n aanklag van crimen injuria skuldig bevind.
Landdros Marius Nel het bevind dat May die klaagster verneder het met die voorval en haar menswaardigheid ernstig aangetas het. May is gevonnis tot n boete van
R1 000 of vyf maande gevangenisstraf op die twee aanklagte van aanranding. Hy is 'n vyf jaar opgeskorte vonnis van R1 000 of vyf maande gevangenisstraf op die klag van crimen injuria opgelê.
Beeldmateriaal van die voorval, wat op 'n selfoonkamera opgeneem is, is as bewys in die hof getoon.
Ian Avontuur woordvoerder van Kannaland-munisipaliteit het die skuldigbevinding en vonnis verwelkom. "Die munisipaliteit hoop dat dit 'n duidelike boodskap sal uitstuur dat aanranding en aanvalle op raadslede nie geduld sal word nie."
Kyk 'n video hieronder:
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Karoo nuus'