Update
KLEIN KAROO NUUS - Polisieduikers het vir vandag hul soektog na die 18-jarige seun wat in die Stompdriftdam verdrink het gestaak.
Hulle sal môreoggend, 1 November, weer voortgaan om te soek.
Die Oudtshoorn Courant het intussen verneem dat die seun 'n leerder van Study House in George is.
Die Oudtshoorn Courant het met die skool kontak gemaak, maar die hoof het gevra dat die familie se privaatheid gerespekteer word tot die liggaam gevind is.
Vorige artikel: Liggaam van seun steeds gesoek
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'