KLEIN KAROO NUUS - Polisieduikers soek steeds onverpoos na die liggaam van ‘n 18-jarige seun wat in die Stompdriftdam verdrink het. Dit is vandag die derde dag wat daar na die liggaam gesoek word.
Volgens kapt. Gert Fourie, bevelvoerder van die De Rust-polisie, is die seun van George.
“Dit blyk dat die seun saam met ‘n skoolgroep die dam besoek het. Hulle het vermoedelik gaan swem en die seun het verdrink.”
Geen verdere inligting is op hierdie stadium beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'