LADISMITH NUUS - Die Ladismith-polisie het onlangs ’n verrassingsbesoek aan die WJ Le Roux Primêr in Voorbaat gebring waar hul leerders met sjokoladekoekies en warmklere verras het.
Sers. Sanet Salmon het die kinders meer omtrent Jesus vertel.
Sy het kinders ernstig vermaan teen boelie en afknouery.
Salmon het die kinders gevra om hul opvoeders en ouers te respekteer sodat hul eie kinders eendag dieselfde aan hulle kan doen.
Sy het ook gevra om eerlik met hul ouers te wees oor hul vriendekring en verkeerde vriende te vermy.
"Moenie met dwelms eksperimenteer nie, want die polisie gaan julle kry en dan sal spyt te laat wees," het sy gesê.
Sy het gesê dat die polisie is nie daarop uit om kinders te vang nie, maar hul eerder van misdaad bewus te maak.
Die polisie ondersteun inisiatiewe waar kinders gevra word om eerder by sport of ander instansies met ’n geestelike aanslag betrokke te word. Die kinders is ook aangemoedig om kerke te besoek.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'