Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee reddingsvoertuie, 'n ambulans sowel as polisie- en verkeersvoertuie is laasnag na 'n toneel langs die sementpad na Calitzdorp, uitgestuur waar 'n bakkie glo gerol het en mense glo vasgekeer was.
Met die aankoms skuins voor middernag is egter gevind dat die bakkie 'n sementblok op 'n laagwaterbrug getref het en op die brug tot stilstand gekom het.
Die twee insittendes het nie ernstige beserings opgedoen nie.
'n Groep omstanders van plase langs die sementpad was binne minute op die toneel en het met groot geskerts die bakkie uit die pad geskuif sodat voertuie kon verbykom.
Die bakkie se onderstel en ratkas is erg beskadig.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'