OUDTSHOORN NUUS - Borgtog is verlede week in die Oudtshoorn-landdroshof geweier aan twee mans van Waaikraal, Dysselsdorp, wat van die peutering met en beskadiging van belangrike infrastruktuur aangekla word.
Jerry Jacobs (49) en Jerome Nuys (32), het volgens die staat op 12 Oktober 2022, kragkabels van Waaikraal-boerdery, ‘n staatsplaas op Waaikraal gesteel.
Die ondersoekbeampte ao. Kuhn, het die hof gevra om borgtog te weier omdat beide beskuldigdes vlugrisiko’s is.
Hulle het die polisie vir langer as ‘n maand ontwyk voordat hulle vasgetrek kon word.
Albei het relevante vorige veroordelings en kom nie parool- en korrektiewe toesigvoorwaardes na nie. Die staatsaanklaer, Cameron Rhodes, het ook borgtog teengestaan omdat getuienis voor die hof daarop dui dat hulle sal vlug en nie vir hul hofverskynings sal opdaag nie.
Landdros Vaughn Shone het na die weiering van borgtog, die saak vir oorplasing na ‘n ander hof verdaag, waarna dit die volgende dag vir verdere ondersoek uitgestel is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'