Gallery
KLEIN KAROO NUUS - Die kouefront wat die streek die afgelope week getref het, het welkome reën, asook sneeu gebring.
Sedert 16 Augustus het die weerkantoor op George 14,4 mm reën vir Oudtshoorn gemeet, waarvan die laaste 4,8 mm gister geval het. Op De Rust is daar 21mm sedert 16 Augustus gemeet en in Ladismith, 11,6 mm.
Die Stompdriftdam is tans 6,9% vol en word daar gehoop dat die sneeu wat gaan smelt 'n verskil aan die damvlak gaan maak.
Die laaste reënvalsyfer wat Maandag by die Raubenheimerdam gemeet is, was 18 mm en die dam staan tans op 48,87%. Die Melvilledam is 100% vol en die twee damme saam is 53,87%.
Suid-Kapenaars het 'n paar van hul sneeufoto's met die Oudtshoorn Courant gedeel. Klik hier vir 'n fotogalery.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'