Update
OUDTSHOORN NUUS - Klein Karoo Agri het verlede week dienslewering aan lede en die publiek dramaties uitgebrei met nuwe toevoegings tot hul hooftak in Parkweg.
'n Nuwe Caltex-vulstasie, geriefswinkel en restaurant het verlede Maandag by KKI se perseel in Parkweg geopen. 'n Mica-tak is ook in die bestaande handelstak geopen.
"Landbou staan voor 'n klomp uitda-gings, maar 'n mens moet vernuwe en ontwikkel," het Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri, tydens die amptelike opening aan genooide gaste gesê.
"Oudtshoorn se ekonomie is onder druk en 'n mens moet mooi dink voordat uitbreidings aangepak word, maar ek dink dit is nou die regte tyd en plek vir hierdie vernuwing en ontwikkeling. Uitbreidings soos die vulstasie bied ook geleentheid om persone uit die gemeenskap in diens te neem en op te lei."
Die restaurant, wat bedryf word deur Herman en Nadia Bosch, verskaf smaaklike aansit- en wegneemetes terwyl die geriefswinkel wat daagliks vanaf 06:00 tot 20:00 oop is, 'n eenstop-instap produkkeuse bied.
Met die toevoeging van 'n volwaardige Mica-tak word hier nou bougereed-skap en hardeware onder dieselfde dak as die bestaande tak aangebied.
Tydens die amptelike opening van die uitbreidings by Klein Karoo Agri verlede Maandag was, van links: Johannes Delport (voorsitter van die Klein Karoo Groep se direksie), Marnelle Steyl (finansiële bestuurder van Klein Karoo Agri), Jurie Klue (voorsitter van Klein Karoo Agri se direksie), André Vivier (takbestuurder Oudtshoorn), Terblanche du Plessis (besturende direkteur Klein Karoo Agri) en Cornel Vermeulen (hoof uitvoerende bestuurder, Moov).
Die bestaande tak sluit jag- en buiteleweprodukte, veeartsenymiddels, klerasie, tuinbenodigdhede en huis-houdelike toerusting in.
'n Verdere uitbreiding is die Absa-tak in die winkel wat tans vernuwe word en binnekort heropen. Die kitsbank op die perseel word ook opgradeer.
"Die doel met die uitbreiding is om die beste en gerieflikste inkopie-ervaring aan ons lede en die gemeenskap te bied," sê Du Plessis.
Lees 'n vorige artikel: Klein Karoo Agri- handelstak brei uit
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'