OUDTSHOORN NUUSFLITS - Klein Karoo Agri het verlede week dienslewering aan lede en die publiek dramaties uitgebrei met nuwe toevoegings tot hul hooftak in Parkweg.
‘n Nuwe Caltex-vulstasie, geriefswinkel en restaurant het verlede Maandag by KKI se perseel in Parkweg geopen.
‘n Mica-tak is ook binne-in die bestaande handelstak geopen.
“Landbou staan voor ‘n klomp uitdagings, maar ‘n mens moet vernuwe en ontwikkel,” het Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri, tydens die amptelike opening aan genooide gaste gesê.
“Oudtshoorn se ekonomie is onder druk en ‘n mens moet mooi dink voordat uitbreidings aangepak word, maar ek dink dit is nou die regte tyd en plek vir hierdie vernuwing en ontwikkeling. "
"Uitbreidings soos die vulstasie bied ook geleentheid om persone uit die gemeenskap in diens te neem en op te lei.”
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'