Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verkragtingklagtes teen 'n sakeman van Oudtshoorn is verlede week in die Oudtshoorn streekhof deur die staat teruggetrek sonder dat enige redes daarvoor verskaf is nie.
'n 32 -jarige vrou beweer dat sy tussen November 2014 en April 2016 by twee geleenthede by die verdagte se huis, eenkeer by die vliegveld en eenkeer in sy kantoor verkrag is.
Die verdagte is September 2017 borgtog van R10 000 toegestaan.
Die saak is hierna verskeie kere uitgestel en verlede maand op versoek van die staatsaanklaer, Adv Michelle Weyers, finaal tot 26 Junie 2018 uitgestel omdat sy nog nie vertoë wat die verdediging gestel het, met die klaagster kon bespreek nie.
Streeklanddros Daniel Boks het die man verlede Dinsdag meegedeel dat al die klagtes teen hom voorlopig teruggetrek word en hom ontslaan.
Lees 'n vorige artikel | Regstelling: Verkragtingsaak uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'