OUDTSHOORN NUUSFLITS - Kannaland-munisipaliteit se R12 miljoen uitstaande Eskom skuld is vereffen.
Die munisipaliteit se burgemeester, Magdalena Barry, het Maandag dié aankondiging gemaak.
Volgens Barry het die nuwe raad die skuld van die regering wat voor 3 Augustus 2016 aan bewind was, geërf.
"Ons het nie ons rug gedraai op ons uitdagings nie, en het die uitdagings heldhaftig en met hoop tegemoet gegaan."
Volgens munisipale bestuurder, Reynold Stevens, het Eskom gedreig om die dorp se ligte af te skakel nadat die vorige administrasie nie sy Eskom-rekening betaal het nie.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.