VAN WYKSDORP NUUS - Jobs4Carbon het in 2014 as die eerste vlagskip-projek van die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat (GGBR) gekwalifiseer.
André Britz, voorsitter van Jobs4Carbon se span fokus op die hervestiging van die ikoniese spekboomplant en die idee is om werk te skep deur veldrehabilitasie met die aanplant van die absorberende spekboomplant.
"GGBR is 'n vrywillige gemeenskapsinisiatief wat toegewy is aan die bewaring van dié streek se biodiversiteit, gekoppel aan die sosio-ekonomiese welstand van sy mense se ontwikkeling.
"Dit word bestuur as 'n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy met die belastingstatus van 'n openbare weldaadsorganisasie."
Ina Scholtz, onderbestuurder van Jobs4Carbon, wat die afgelope week dié projek by die KKNK verteenwoordig het, sê die area wat hulle diens ongeveer drie miljoen hektaar is.
Barend Jooste en Arno Pretorius, wat daagliks in die veld die spekboompies aanplant ervaar positiewe resultate in die gemeenskap en in die natuur.
"Die gate vir die boompies word in die somer gegrawe en die spekboompies word in die winter geplant. Hulle kry net een liter water en dan moet hulle self aangaan, dis mos 'n tawwe plant," sê Barend.
'Ons bring jou die nuutste Van Wyksdorp, Klein Karoo nuus'