Update
OUDTSHOORN NUUS - ‘n Groep inwoners van Rose Valley het vandag bymekaargekom om ‘n proses te begin waar dié woonbuurt eienaarskap neem van die betonheining tussen hulle en die besige N12 hoofroete na De Rust.
Die Oudtshoorn Courant het onlangs berig dat die heining wat etlike miljoene kos, reeds op ‘n aantal plekke afgebreek en beskadig is. ‘n Gemeenskapsleier, Leon Campher, het met ‘n projek begin waarvolgens 24 mense uit die vier dele van Rose Valley vir die volgende drie weke van huis tot huis sal gaan om inwoners in te lig oor die projek.
Roadmac, wat tans die konstruksiewerk aan die N12 doen, het geld bewillig om die projek aan die gang te kry.
“As die inwoners nie self eienaarskap vir die heining neem nie, gaan dit net meer en meer beskadig word en dan is daar geen beskerming vir kinders wat vrylik na die hoofpad kan loop nie,” het Campher gesê. Mense wat wou deel wees van die inisiatief het hulle name gegee en daar is ses name uit elk van die vier dele getrek.
‘n Gedeelte van die beskadigde betonheining tussen Rose Valley en die besige N12 hoofroete. Foto’s: Hannes Visser
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'