Update
OUDTSHOORN NUUS - Kerkstraat was gisteroggend vir 'n geruime tyd afgesper nadat ‘n inbraak by Tops in ‘n ongeluk geëindig het.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het daar glo in die vroeë oggendure mense by Tops ingebreek.
“Die alarm by die winkel het afgegaan en 'n sekerheidsbeampte is na die toneel om te gaan kyk hoekom die alarm afgegaan het. Die vermeende inbrekers het probeer om van die toneel te vlug, maar die bestuurder van die sekerheidsvoertuig het voor hulle ingery en hulle het agter in die sekerheidsvoertuig vasgery."
Volgens Micheals is niemand in die ongeluk beseer nie, maar het vier van die verdagtes van die toneel af weggehardloop.
"Een van die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem."
Volgens haar is dit nie bekend wat presies in die winkel gesteel is of hoeveel skade die winkel gelei het nie.
"Die skade moet nog bepaal word en die ander vier verdagtes is nog soek."
Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Lizzy Booysen by 10111 skakel of 044 203 9006.
Vorige artikel: Ongeluk na inbraak
Die voertuig waarmee die verdagtes na bewering wou ontsnap.
Die polisie op die toneel waar die motor met die sekerheidsvoertuig gebots het. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'