Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Kerkstraat was vanoggend sedert ongeveer 02:00 gesluit na ‘n inbraak by Tops in ‘n ongeluk geëindig het.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het daar glo in die vroeë oggendure mense by Tops ingebreek.
FOTOGALERY: Inbraak by Tops ontaard in ongeluk
“Die vermeende inbrekers het weggery en binne ‘n sekerheidsmaatskappy se voertuig vasgejaag. Een persoon is op die toneel in hegtenis geneem.”
Sover vasgestel kan word is niemand in die ongeluk beseer nie. Dit is ook nog nie duidelik wat die skade by die winkel was nie.
Volgens haar was die straat gesluit sodat die polisie die nodige vingerafdrukke in die winkel en die voertuig kon neem.
Lees die volledige berig in Donderdag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'